top of page
Familie Schutz - Martijn Izelle Seff Mila

Bekendstelling - Izelle

Hi! Ek is Izelle, Mamma van 3 pragtige kinders. Hoe wonderlik dat jy my in hierdie spesiale tyd in jou lewe gevind het!

  

Dit is my wens dat julle vol vertroue, liefde en goed ingelig kan uitsien na die geboorte van julle kindjie.

My Ondervinding

Na die spesiale, kalm en besonder mooi (HypnoBirthing) geboorte van my 3de kind, wens ek, ek het dieselfde kennis en voorbereiding gehad met my eerste twee kinders. Maar hierdie uiteenlopende ervarings is nou 'n stewige basis vir my nuutgevonde passie om HypnoBirthing® met toekomstige ouers te deel. Ek gun elkeen om positief terug te kyk na hierdie spesiale oomblik.

 

As gevolg van die invloed van die media, negatiewe en traumatiese geboorteverhale, kan vroue onseker en bang wees vir die komende geboorteproses. Om deur die vrees en onkunde wat heers te breek, wil ek julle weer n rotsvaste vertroue gee in jou liggaam en die natuur.

​

Dit is dus my missie om vir soveel moontlik toekomstige ouers die beste omstandighede te skep vir 'n veilige, aangename, sagte en liefdevolle geboorte. Indien daar enige vrae is, kontak my gerus!

My ondervinding
Koningsdam Venice Holland America Line

Wêreld Reise

Terwyl ek deur die wêreld gereis het as 'n salon- en spa-bestuurder aan boord van Holland America Line Cruise Ships, het ek my Nederlandse man ontmoet.

 

Die kennis en ervaring wat ek daar opgedoen het deur saam met 'n span gesondheids speialiste te werk, kom nou handig te pas!

Hermanus South Africa

Hermanus

Ek kom oorspronklik van Hermanus, Suid-Afrika. Hermanus is 'n klein kus dorpie aan die suidkus van Suid-Afrika en is twee uur se ry vanaf Kaapstad. Die kusdorpie staan ​​bekend as die "walvis kyk hoofstad." Al is Hermanus bekend vir die walvisse swem daar in werklikheid walvisse oral langs die kuslyn. Ons woon sedert 2013 in Vlissingen.

Reis & Hermanus

HypnoBirthing Zeeland

Die geboorte van HypnoBirthing Zeeland! Ek wil die HypnoBirthing-kursus vir almal in Zeeland toeganklik maak, veral omdat ek nou die waarde van goeie voorbereiding ervaar het! Ek en my man moes langer as 'n uur ry vir die amptelike kursus.

 

Die voordeel van my agtergrond is dat ek ook die kursus in Engels en Afrikaans kan aanbied. Op hierdie manier kan ek nog meer toekomstige ouers bereik en hulle die kans gee om ander toekomstige ouers te ontmoet en die HypnoBirthing-kursus te volg.

Schilder Izelle Schutz

Izelle se kuns

Behalwe my passie om HypnoBirthing met jou te deel, het ek ook 'n passie vir skilder! Ek gebruik die kombinasie van beeldhouwerk en skilderkuns, wat 3D-skilderye skep.

Izelle's Art

Kontak is die eerste stap! Ek hoor graag van jou en indien daar enige vrae is, is ek daar om jou te help.

Baie liefde, Izelle

bottom of page